Bridgetown Kampterein

Bridgetown Kampterein

Oppad Bridgetown toe !

Dié terrein spog met ‘n uitsig oor die rivier, omliggende landerye en berge met elke seisoen in ‘n ander palet – van sneeuwit winterberge tot geelryp koring in die somer. Die toeganklikheid tot die rivier maak dit ‘n gewilde kampeerterrein vir oud en jonk veral vir dié wat van watersport en visvang hou.

Die uitgestrekte terrein kan tot 100 mense huisves en word bestuur deur die NG Kerk, Moorreesburg. Boonop bied Bridgetown ‘n ryk voëllewe – van visarende tot bloukransvoëls. Vir fietsryers en stappers is daar verskeie opwindende roetes.

Die kamers het ‘n lieflike uitsig oor die rivier en berge, en het ‘n groot grasperk voor waar vlugbal gespeel kan word. Die terrein leen hom absoluut tot groepe en spanbou-uitdagings! Langs die rivier is ‘n skaduryke bloekombos wat ideaal is vir paintball en skattejag.

Die kampteererrein beskik ook oor ‘n hindernisbaan wat sorg vir pret en opwinding. Die saal langs die kombuis is geskik vir lesings, filmvertonings en binneshuise speletjies. Bridgetown is dus die ideale kampeerterrein vir kerk-, skool- en studentegroepe. Dis net so geskik vir mense wat net wil wegbreek en die rustigheid van die natuur geniet.

Bridgetown huisves jaarliks die kanovaarders, borge en ondersteuners van die Bergrivier- en Swartland kanomarathon.