Bridgetown Christelike Kampterein

Bridgetown Akkomodasie vir Skool of Christelike Groepe.

Bridgetown Akkomodasie

Gastehuis

Die gastehuis wat omring is deur groot bome, het 3 slaapkamers waar 8 persone kan slaap, n kombuis met n 3 plaat brander, koolstoof, mikrogolf oond, yskas, ketel, warm en koue water, sitkamer, binne stort/toilet, buite stort/toilet en buitebraai. Kampeerders moet hul eie beddegoed voorsien.

Besoek die foto gallery vir fotos.

Kamers

Daar is 8 kamers met stapel beddens waar 72 persone kan slaap. Die kamers het n lieflike uitsig oor n groot grasprerk by die rivier. Aan die agterkant van die kamers is lieflike koeltebome. Kampeerders moet hul eie beddegoed voorsien.

In die geval van ekstra groot groepe kan die solder bokant die kombuis/saal ingerig word. Op die solder nie beddens beskikbaar nie, maar wel matrasse.

Kampeer Staanplekke

Voor die gastehuis is n lieflike grasperk met twee kragpunte waar karavaan / tent kampeerders kan kamp. Die gastehuis het n buitestort, wasbak en toilet wat tot hul beskikking is.

Besoek die kamp terein se foto gallery.